Tagged: Nasionale Party
Documents: Afrikaner-Broederbond
The present Documents issue deals with the South African secret society known as the Afrikaner-Broederbond, or Afrikaner Brotherhood, which played a major part in the electoral victory of the Nasionale Party in 1948, an event that was to set the course of South African politics for the next forty something years. Following this major turn, the Broederbond was established as a sort of executive committee of the ruling party.
The issue can be seen as a sequel to the two previous ones, Postwar Bolivia (x) and Axis Power Thailand (x), it is a third instalment in one and the same series inasmuch as the pattern is identical: Persons and groups that during the Second World War had been targeted as a fifth column for the Fascist belligerent countries became the rulers of South Africa in the aftermath of the events. The Afrikaner-Broederbond was born as a secret society with the aim of defending the interests of the Afrikaner people confronted with British expansion in Southern Africa. During WWII, like a score of other Afrikaner political organizations it was deemed to be taking a treasonous stand against the South African state in war against the Axis. Later on, the Broederbond, as well as some other of mentioned organizations, supported the Nasionale Party, which was to become the ruling party for the next decades and whose members were in great numbers also members of the AB. Therefore the title of the present post could be The Afrikaner-Broederbond as wartime alleged fifth column and postwar backbone of Nasionale Party rule in South Africa.
Doc. Excerpt from The Afrikaner-Broederbond: The First Fifty Years (1979), by A.N. Pelzer, a book issued by the AB Executive Council. The excerpt deals with the events of WWII in South Africa and the measures taken by the government against the AB.
For more documents on Afrikaner history, see on this blog:
-Die Afrikaners en die Derde Ryk (x)
-Manie Maritz se My lewe en strewe (x)
*
A.N. Pelzer, Die Afrikaner-Broederbond: Eerste 50 Jaar, Tafelberg 1979 (Uitgegee in opdrag van die Uitvoerende Raad van die Afrikaner-Broederbond), bladsye 80-84.
Veldmaarskalk Smuts daag die AB uit
Soos die Eerste Wêreldoorlog hartstogte ontketen en die Engelstalige bevolkingsgroep aangevuur het om ‘n magsposisie soms op onverantwoordelike wyse te misbruik, net so was dit te voorsien dat gedurende die Tweede Wêreldoorlog weer ‘n uitdagende aanval op die Afrikaners gedoen sou word. Van die oomblik dat Suid-Afrika aan die kant van Brittanje tot die stryd toegetree het, is normale verhoudinge oorboord gegooi en van allerlei metodes gebruik gemaak om die Afrikaner aan Britse belange dienstig te maak. ‘n Atmosfeer van wantroue is geskep waarin niemand sonder die vrees van viktimasie en vervolging en met vrymoedigheid sy Afrikanerskap kon bely nie. Op die geringste voorwendsel is Afrikaners hulle broodwinning ontneem. Die blote agterdog van meegevoel met die vyand van Brittanje was genoeg om ‘n persoon in ‘n interneringskamp te laat beland. In hierdie omstandighede is elke Afrikaner-organisasie met argwaan bejeën en die Afrikaner-Broederbond die meeste van almal.
As gevolg hiervan het betreklik vroeg al ‘n gevoel van onrus in AB-kringe ontstaan. Reeds in Maart 1940 het ‘n afvaardiging uit Springs, Brakpan en Boksburg hom by die dagbestuur kom bekla dat broers uit vrees vir verraad huiwerig is om afdelingsvergaderings by te woon. Klaarblyklik kon onder die ontwrigtende oorlogsomstandighede nie meer op die goeie trou van elke broer gereken word nie. Daarbenewens was snuffelaars besonder aktief om die eienaars van motors by vergaderplekke te identifiseer en onder verdenking te bring. Baie broers was bevrees dat hulle op dié wyse hulle werk kon verloor. In antwoord op die vertoë wat tot hom gerig was, het die dagbestuur besluit dat afdelings soos gewoonlik met hulle vergaderings moes voortgaan en dat lede wat nie meer vertrou kon word nie, vir uitskakeling aanbeveel moes word.
Maar die onrus was nie net tot die Oos-Rand beperk nie. Gedurende Mei en Junie 1940 het nie minder nie as 30 afdelings laat weet dat hulle uit vrees vir plaaslike vervolging voorlopig besluit het om nie meer vergaderings te hou nie. Ander afdelings het, omdat die pos nie vertrou kon word nie, opgehou om op korrespondensie te reageer, met die gevolg dat noodsaaklike besonderhede oor die verloop van sake gedurende die oorlogsjare tevergeefs in jaarverslae en ander stukke gesoek word. Na aanleiding van hierdie moeilike omstandighede het die UR (Uitvoerende Raad) in Oktober 1940 ‘n voorstel oorweeg dat afdelingsvergaderings elke tweede maand gehou word. Maar, bewus van die probleme wat bestaan het, wou die UR nie aan die versoek voldoen nie en is ten sterkste daarop aangedring dat vergaderings gereeld elke maand gehou word.
Teen die middel van Junie 1941 is reeds met die moontlikheid rekening gehou dat die AB deur die regering in die ban gedoen kon word en het ‘n deputasie van Johannesburgse afdelings met die UR gaan oorleg pleeg oor hoe daar in so ‘n geval opgetree sou word. Nadat gedagtes oor die saak gewissel was, is ooreengekom dat die UR vroegtydig aan so ‘n moontlikheid oorweging sou skenk om betyds leiding te gee.
Voorlopig het egter niks gebeur nie. In die loop van 1944 het die situasie sienderoë verander, veral toe die vyandige pers in toenemende mate aanvalle op die AB gedoen het en daarop begin sinspeel het dat daar op een of ander wyse teen die Bond opgetree moes word. Met die moontlikheid dat die beweging in die ban gedoen sou word, moes rekening gehou word. Daarom het die UR aan die begin van November 1944 ter leiding van lede ‘n standpunt oor die saak ingeneem. Omdat die Bond oortuig was van sy verhewe ideale en nog nooit self aan dade van geweld of sabotasie deelgeneem het of van sy lede aangemoedig het om dit te doen nie, het hy geweier om die Smutsregering te onderhandel of ontkennings van enige aard te doen. Met die oog op die ongegrondheid van die beskuldigings wat die AB teen die hoof geslinger is, is lede ten sterkste afgeraai om by voorbaat te bedank en uit die beweging te tree.
Sou amptenare en onderwysers tog aan ‘n amptelike ondervraging oor hulle lidmaatskap van die AB onderwerp word, is hulle aangemoedig om ‘n antwoord te weier. En vir geval die ergste sou gebeur en hulle gelas word om te bedank, moes elke broer self besluit wat hom te doen staan, hoewel die UR tog laat deurskemer het dat hy dit sou waardeer as broers die moeilike pad volg en nie bedank nie.
Na ‘n toespraak wat genl. Smuts aan die begin van Desember 1944 in Bloemfontein gehou het, het die vermoede ontstaan dat spoedig daarna teen die AB opgetree sou word. Met die oog hierop is ‘n buitengewone vergadering van die UR vir 11 Desember 1944 belê. Bewus van die erns van die situasie, het die UR dit nogtans nugter benader en gereël dat normale werksaamhede van die Bond sonder onderbreking voortgesit moes word, dat geen grootskeepse eervolle ontslag aan die betrokke lede verleen sou word nie en dat elke broer self moes besluit of hy sou bedank of nie. Die UR het hom ook voorberei om ‘n moontlike aksie van die regering onmiddelik op te volg met ‘n openbare verklaring waarin hy die Afrikanervolk in sy vertroue neem en het ‘n aantal vooraanstaande broers gevra om onafhanklike verklarings uit te reik. Om enige moontlike aksie van genl. Smuts by voorbaat te ontsenu, is ook besluit om onmiddelik na afloop van die vergadering die volgende aankondiging aan die pers te doen:
« Na aanleiding van die onbillike en onware aanvalle wat in die jongste tyd op die Afrikaner-Broederbond gedoen is, het die Uitvoerende Raad van hierdie liggaam besluit om hom te beroep op die hoogste regbank wat hy kan nader: die Regbank van die volk.
Die Uitvoerende Raad is dus voornemens om eersdaags die Afrikanervolk in sy vertroue te neem en openlik aan hom die inligting te verstrek omtrent sy geskiedenis, doel, strewe en aktiwiteite. Daarmee sal die volk in staat gestel word om self verder ondersoek in te stel en self te oordeel dat hierdie Bond onbaatsugtig en opreg hom gewy het in diens van die hoogste ideale van die volk op ‘n wyse wat die strengste toetse kan deurstaan. »
Die proklamasie waardeur staatsamptenare en onderwysers verbied is om lede van die AB te wees, het in die Buitengewone Staatskoerant van 15 Desember 1944, nr. 3427 verskyn en het o.a. die volgende verklaring van die Eerste Minister bevat:
« Op 1 Desember is die Broederbond geproklameer kragtens die Nasionale Veiligheidsregulasies ingevolge waarvan staats- en spoorwegamptenare en onderwysers wat lede van die Broederbond is, veertien dae gegee word om as lede daarvan te bedank. Ten einde te voorkom dat stappe kragtens die regulasies teen hulle gedoen word, word alle betrokkenes gemaan om afskrifte van hulle bedankings (indien enige) onder hul eie handtekening binne die bogenoemde tydperk aan hul onderskeie Ministers of Administrateurs te stuur. »
‘n Paar dae later het die UR met die volgende verklaring geantwoord:
« In hierdie tyd waarin die Afrikaner voortdurend onreg en verdrukking moet ly, moet dit vandag boonop die vernedering verduur dat Afrikaanse staatsamptenare, onderwysers en spoorwegdienare verbied word om lid van die AB te bly en so die hoogste en reinste ideale van die Afrikanervolk te dien.
Hierdie optrede het tot gevolg gehad dat amptenare en onderwysers hulle bereid verklaar het om liewers hulle poste te bedank as die AB omdat hulle die verontregting te sterk voel.
Die UR is egter oortuig daarvan dat die feit dat onregmatige klagtes teen die AB gemaak is, amptenare en onderwysers nie daartoe moet lei om hul algemene werksaamhede in diens van die staat, en daardeur van die volk, te staak nie. In die geval van die groot meerderheid van die betrokkenes beveel hy dus aan dat hulle, nieteenstaande hulle gevoel van onderdrukking en verontregting, hul bedanking uit die AB indien.
Die UR sal sulke bedankings sonder enige veroordeling aanvaar vir ‘n tydperk waarvoor die oorlogmaatreëls geldig is.
Aan die lede wat verkies om uit die staatsdiens of die onderwys te tree, liewer as om lidmaatskap van die Bond prys te gee, laat die UR oor om sodanige eie besluit uit te voer en aldus op die kragtigste wyse wat in hul vermöe is, teen onreg te protesteer.
Die UR sit intussen met onverminderde ywer sy goeie werk ten bate van die Afrikanervolk voort. »
Daarby is die saak nie gelaat nie. Broers soos dr. D. F. Malan, dr. A. J. Stals, G. Moerdyk en W. Potgieter het persoonlike verklaring ten gunste van die AB gepubliseer met die doel om die posisie van verantwoordelike persone in leiersposisies, soos bv. predikante, in die reine te bring. In vyf weldeurdagte en deeglik geformuleerde artikels wat teen die einde van Desember 1944 in Die Transvaler verskyn het, is die saak van die AB op ‘n baie bevoegde wyse deur dr. H. F. Verwoerd, destydse hoofredakteur van Die Transvaler, gestel. Die inligting was heilsaam. Die Afrikanervolk kon volgens die beskikbare feite oordeel dat hy hier met ‘n organisasie te doen het wat hom uitsluitlik ten doel stel: diens aan die volk tot heil van die volk.
Oor die broers wat sou weier om uit die AB te bedank en teen wie die staat gevolglik sou moet optree, het die UR in 1945 besluit dat van hulle verwag sou word om hulle geldelike verpligtinge op normale wyse na te kom. Die UR het onderneem om aan almal bestaandsbeveiliging te verskaf, geskikte werkkringe vir hulle te soek en, indien sonder sukses daarin, hulle dan in diens van die AB te neem. In geval van hofsake het die UR die verantwoordelikheid van die hofkoste aanvaar. Ten opsigte van die broers wat verkies het om uit die AB te bedank, is besluit dat hulle nie meer afdelingsvergaderings mog bywoon nie en nie deur ander broers oor AB-bedrywighede ingelig mog word nie. Hulle is verbied om studiekring vir hulleself te stig en ook daarvan weerhou om jaargelde of sterftefondsbydrae te betaal. Na die opheffing van die noodmaatreëls kon hulle weer in die Bond opgeneem word mits hulle skriftelik aansoek doen en alle agsterstallige gelde aansuiwer.
Intussen het die diktatoriale dekreet van genl. Smuts groot ongerief en ook groot ontwrigting veroorsaak. Van die 2 672 lede waaruit die AB op daardie tydstip bestaan het, was 900 onderwysers en 225 amptenare. As gevolg van die noodmaatreëls het 1 048 bedank en is baie afdelings so uitgedun dat hulle moeilik met hulle normale werksaamhede kon voortgaan. In die loop van die finansiële jaar 1944/45 moes sewe afdelings ontbind word en die jaar daarna nog een. Sewe broers, A. J. (Nollie) Bosman, H. O. Mönnig, W. C. du Plessis, J. Combrink, J. M. J. Cloete, A. I. Malan en B. J. de Klerk, het geweier om die lidmaatskap van die AB neer te lê en moes uit die staatsdiens bedank.
Maar die ontwrigting het nie lank geduur nie. Minder as vyf maande nadat die AB in die ban gedoen was, het Duitsland die wapens neergelê en was die oorlog verby. Die oorlogshisterie het bedaar en genl. Smuts het die noodmaatreëls nie meer nodig gehad nie. Namate normale verhoudings ingetree het, kon uitgeskakelde broers weer voorbereidings tref om in die AB opgeneem te word. Teen 30 Junie 1946 was 42 se lidmaatskap reeds herstel; twee jaar later het 210 tot die Bond teruggekeer en uiteindelik 807. Die oorblywende nagenoeg 250 se lidmaatskap is nie herstel nie.
Selected Pieces in Afrikaans
When in 2006 I started doing research on Afrikaner history after having learnt the basics of Afrikaans language, online sources in Afrikaans, at least on some topics, were scarce. Back then Google did not even offer to choose Afrikaans as a search language on its Web crawler (that is, to search for pages in Afrikaans specifically) and it is only a couple of years later, in 2009, that I had the good surprise to see that Afrikaans was now available among Google parameters.
Faced with the then unsatisfactory situation, I started a process of scanning (in fact, as I was poorly equipped, of typing, which was time-consuming but also helped me consolidate my knowledge of the language) sources in Afrikaans that I was ordering online from secondhand bookstores, mostly about South African history. I published them on South African internet forums attended by Afrikaners. Most of these sources had never been available online before. As online texts were, as I said, scarce in Afrikaans, Afrikaners had to rely, as far as the Web was concerned, on sources written in English, with the obvious slant the majority of these sources display with regard to the history of a former British dominion.
I published these sources anonymously from 2007 to 2011 and the forums in question would best be described as supporting Afrikaner or Boer nationalism. These forums turned out to have limited life spans and at the date of today all this work of mine has vanished from the Web so it is time to publish it again on this blog, this time under my name. This will be done through the next weeks.
I am starting here with short excerpts from paper and online sources and shorts texts I wrote. All apologies for the mistakes the reader may encounter; any proofreading by more fluent speakers welcome!
Comments in English are from 2018.
August 2018
*
Sedert ‘n paar dae bied Google ‘n besondere funksie vir soeke in die Afrikaanse taal aan. (Gaan na ‘Advanced Search’+’Choose Language’). Vir jare was dit nie moontlik om die Afrikaanse taal vir jou soeke te kies nie. Dit is ‘n nuwe begin vir die Afrikaanse taal. (13 Maart, 2009)
Comment. This is what I mentioned in introduction, namely the ingress of Afrikaans among Google’s advanced search tools. Afrikaners had already developed a tool for the purpose of looking specifically for content in Afrikaans online, named ,,soekafrikaans’’, but it was not as powerful as Google, and the fact that Google now proposed Afrikaans to its users was also likely to increase awareness of the language worldwide.
*
Ek praat ‘n paar tale en het nooit ‘n kultuur ontmoet wat soveel met Engels bedruk is as die Afrikaanse een nie. Die afgryslike Britse oorheersingsgees pla en pes hierdie volk en kultuur al te veel.
Nooit het ek byvoordbeeld ‘n ander land geken nie waar die bewoners nie hulle taal op hul rekenaars kan skryf nie. Hoeveel van die Boere kan ‘n eenvoudige « ‘n » op hul rekenaars nie skryf nie! Dit is ongelooflik hoe die kulturele imperialisme julle kultuur gehinder het! (Aug. 2009)
*
Kaptein Zim
Die Boere sou nie hulle tyd met soutpiele verloor nie. Wat Mugabe in Zim met die Rooineks maak is die soutpiele se probleem. Hulle hê geen eerbied nie. Ek apploudeer die Zim: Kaptein Zim teen die gay gangsters! (Mei 2008)
Comment. Allusion to Robert Mugabe’s calling Tony Blair’s government ‘gay gangsters.’
*
In die lig van bogenoemde pos wil ek net vra dat almal wat iets sleg wil se van Emily Hobhouse omdat sy Engels was moet hulle hande opsteek! P.
Die probleem is dat jy net een naam ken, die van die Engelse Hobhouse. Dit is asof jy nie eenmal ‘n klein ietsie gehoor het van die baie ander mense, van Duitsland, Frankryk esv. wat vir die Boere ook veel gedoen het en van hulle baie gehou het. En die grond daarvan is dat jy die taal van die Engelse praat en jy moet dus die geskiedenis leer soos hulle dit vir jou opgedis het. En dit bedoel jy moet onken alle ander lande behalwe Engeland. (Sep. 2009)
ii
Ek wil sê dat die Boere te veel van die ,,haatlike engelse’’ opgeslurp het in die onlangse verlede. Dit is weens die immigrasie-polisie van die Nasionale Party sedert Verwoerd: twee miljoene of so engelssprekende rooinekke is na Suid-Afrika getrek en daar het hulle nooit Afrikaans geleer. Die NP het alles gemaak so dat hierdie mense in Suid-Afrika voel soos in hulle eie land, en dus het die Party die Afrikaanssprekende Boere verraai. Die rooinekke het geglo die land is nog ‘n Britse kolonie waar hulle die base bly. Afrikaans het ‘n private spraak geword, ‘n spraak wat ‘n mens praat op sy plaas maar nie in die gemene lewe nie. Dis wat Robert van Tonder sê in sy boeke, met baie voorbeelde en ervarings.
In dieselfde tyd het die Britse regering, wat so baie van sy mense na Suid-Afrika gelaat gaan het, alles gemaak om die Suid-Afrikaanse regering te ondermyn.
Die Britse Ryk het verdwyn as wêreldmag, maar nou is die wêreldmag die VS, en dus is Engels nog die eerste wêreldtaal. As die Boere ‘n klein volkie is, is hulle deur die oorheerse kultuur van die Engelssprekendes geraak; hulle sien nou die wêreld deur Engelse of Angelsakse brille. Baie Europeërs het dieselfde probleem, die hele wêreld eintlik, maar dit skyn my nog ‘n groter probleem vir die Boere.
Die Boere moet hulle Dietse kultuur sterker steun. Sekerlik is die Nederlands vandag ‘n baie klein landtjie waar almal ook Engels praat en Engels dink, waar ‘n mens meer Engelse boeke as Nederlandse boeke in die boekhandlings vind, en waar die onwit immigrasie ongelooflik hoog is. Wat bly van die Dietse kultuur vandag in die Nederlands? Wat bly van die Dietse kultuur in Suid-Afrika?
Bly Diets, mense! Julle taal is Diets. Julle kultuur moet Diets bly. ‘n Mens kon in die verlede Dietse tale in reusagtige gebiede van Afrika hoer en praat, weens die Boeretrekke in alle rigtings en ook die Belgiese kolonisasie van Kongo.
Wat die Dietse kultuur van Nederlands, België, Suid-Afrika vir die Christelike geloof gemaak het, is kolosaal. Waar sal ‘n mens ‘n uitstekender uitdrukking van die geloof vind as die Devotio moderna: Geert Groote, Florens Radewijns, Thomas a Kempis? En Jansen? En die begijne-beweging? En wat ‘n suiwerer uitdrukking van Kalvinisme as die wat in die Nederlands gebloei het en waarvan die Suid-Afrikaanse Kerke gebore is? Die gevaar van verengelsing is dat die Boere nie meer geraak al daarvan is nie. (Okt. 2009)
iii
Uiteindelik sê ek, indien julle te veel of graag alleen Engels praat en skryf, soos julle gegradueerders in julle universiteite vandag doen, sal jul kultuur ‘n etnografiese voorwerp en nie meer ‘n lewendige gees word nie. ‘n Mens sal sê, ja, ja, Opa’s druppels en Oma’s kruie, net so lekker soos dolos en lobôla… (Nov. 2009)
*
Australia of Nieuw-Holland?
Nieuw-Holland is die geskiedkundige name vir die eilandkontinent van Australië wat deur die Hollanders ontdek is. Die naam is vir die eerste keer gebruik in 1644 deur Abel Tasman en sou nog lank daarna gebruik word. Op verskeie 19de eeuse kaarte is die naam gebruik om die onverkende weste van Australië aan te dui terwyl die Britte reeds nedersettings in die ooste van Australië gevestig het naamlik die state Nieuw-Suid Wallis, Tasmanië, Queensland en Victoria. Later sou Suid-Australië hier bygevoeg word. Toe die Franse dreig om die Nouvelle Hollande soos dit in Frans bekend gestaan het te koloniseer, het die Britte ook begin belangstel in die weste van Australië en het hulle dit dan ook gekoloniseer.
In 1804 het Matthew Flinders aanbeveel dat die naam Australië eerder gebruik word in plaas van New Holland maar die naam het eers in 1824 amptelike erkenning in die Verenigde Koninkryk verkry. Die naam is in Nederland tot so laat as die einde van die 19de eeu nog gebruik; tans is die naam nie meer in gebruik nie.
Bron: Wkpd
Australië was Diets en het Brits geword: Dis ook die geskiedenis van Suid-Afrika in baie opsig. Wat was die Britse Ryk trouens indien nie die beroofde eigendom van die Batavsche Republiek nie?
Die Suid-Afrikaanse mens wat vandag na Australië trek, verloor in min jare al Afrikaner kwaliteite. Die Afrikaanse kultuur in die Suidlande is nul. Hulle was trouens al te veel verengels in Suid-Afrika self. ‘n Paar koerante het probeer bestaan maar het verdwyn na ‘n paar maande. Op die Internet sien ‘n mens daar sou ‘n Afrikaanse gemeenskap van die Suidlande bestaan, waar hulle braai en die res, maar wat kan dit bedoel? Maar ook, is die toestand in hierdie opsig so verskillend tussen Australië en Suid-Afrika? Is julle seker daar is nog ‘n Afrikaner kultuur in Suid-Afrika? (Nov. 2009)
*
Rivonia
Op 11 Julie 1963 is die Rivonia-saak deur die Suid-Afrikaanse veiligheidspolisie oopgevlek. Die veiligheidstak van die SAP het na Walter Sisulu gesoek en daar is inligting ontvang dat hy hom by ‘n huis in Rivonia skuilhou. Na etlike nagte se soektogte kon die informant wat bogenoemde informasie verskaf het, die huis aan die polisie uitwys. Op 11 Julie 1963 is die opstal, Lilliesleaf, deur sestien polisiemanne agter in ‘n droogskoonmakerswa, binnegedring. Dokumentasie van «Operasie Mayibye» is daar gevind. Indien hierdie plan tot uitvoer gebring sou word, sou dit Suid-Afrika in ‘n bloedbad omskep het. Die volgende persone is daar aangetref: Dennis Goldberg [Jood], ingenieur; Lionel Bernstein [Jood], argitek; Gavon Mbeke, joernalis; advokaat Bob Hepple [Jood?], wat later gevra het om staatsgetuie te word en toe land uit gevlug het; Ahmed Kathrada, Walter Sisulu en Raymond Mhlaba, organiseerder van die ondergrondse ANC. Inligting wat daar gevind is, het gelei tot die arrestasies van Harold Wolpe [Jood], Elias Motsoaledi, Andrew Mlangani, Arthur Goldreich [Jood, Israeliese burger, lid van die Israeliese paramilitêre organisasie Haganah] en James Kantor [Jood].
Die belangrikste fonds was die bloudruk van Operasie Mayibye. Hierdie operasie is beoog sodat Suid-Afrika met geweld omver gewerp kon word. «Dit was onder andere beoog om 210 000 tuisgemaakte handgranate, 48 000 tuisgemaakte landmyne en 1 500 tydbomme te vervaardig… Met die wapentuig kon tussen ‘n kwart en ‘n halfmiljoen mense uitgewis gewees het. Sterk sou ook aangeleun gewees het op hulp van buite Suid-Afrika.»
R.J. Greyling, Terrorisme: die feite, J.L. van Schailk, 1987
Comment. This excerpt deals with the Rivonia conspiracy and terrorism charges that were leveled by Pretoria against the ANC in 1963. As the source makes clear, a number of Jews, including one Israeli member of the paramilitary organization Haganah, were prominently involved in the conspiracy to overthrow the apartheid regime. This, plus the fact that the leader of ANC’s armed branch was the Jew Joe Slovo, deserves more scrutiny in the current discussion on the relationship between the Union of South Africa and that other state now under international pressure to waive her own apartheid system and colonialism, namely Israel. In particular, the role of Israeli organizations should be examined.
*
Robert de Kersauson en die Boerekommandos
Robert de Kersauson de Pennendreff (Robert die Fransman), wat beskeie en leergierig gou Afrikaans onder die knie gekry het. Hy het in die geledere van die Theron-verkenningskorps end-uit geveg. Ná die oorlog het hy net lof vir die Boere gehad. Hy het sy laaste dae op Franschhoek deurgebring. Sy aangrypende verhaal is opgeteken in Ek en die Vierkleur, wat laas in 1960 herdruk is.
proteaboekhuis.co.za
Daar was nie eintlik ‘n Franse Korps nie. ‘n Belangrike rede hiervoor was dat die Franse Konsul die entoesiastiese vrywilligers gewaarsku het, dat ‘n deelname aan die gevegte die verlies van die Franse burgerskap beteken. Die meeste van die Fransmanne het dus by die Polisie of binne die garnisoene gedien.
‘n Klompie van baie oortuigde Franse vrywilligers het egter die waarskuwing van hulle diplomatiese verteenwoordiging geïgnoreer en maar ook in ander eenhede van die vrywilligers ingetree (bv. Luitenant Chateauvieux by die Duitsers) of binne Boerekommandos geveg (bv. Robert de Kersauson de Pennendreff as ook Prins Louis d’Orléans et de Bragance wat onder die skuilnaam Louis Merey aan verskeie gevegte deelgeneem het). ‘n Egte Franse eenheid, die sogenoemde Franse Vrykorps, het na die ondergang van die Internasionale Legioen die lig gesien en het onder die bevel van Luitenant Ernest Gallopaud gestaan. Kolonel Georges Comte de Villebois-Mareuil, ‘n Franse beroepsoldaat en voormalige kommandeur van ‘n Eliteeinheit binne die Franse Légion étrangère (Vreemdelegioen) was die hoof van die Internasionale Legioen. Sy adjunk was die Russiese Kolonel Yevgeny Yakovlevich Maximov.
Europese Hulporganisasies en Vrywilligers tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902), deur Dr. Claus Nordbruch
*
Lucien Pemjean : Die Boere se vriend
Lucien Pemjean (1861-1945) was ‘n frans skrywer wat naby gestaan het van die grootse Frans antisemietiese skrywer Edouard Drumont (Drumont wordt in 1844 geboren in een Frans-Vlaamse landbouwersfamilie. In de Kamer van Volksvertegenwoordigers wordt hij de leider van de anti-joodse parti. Outeur van “Die Joodse Frankryk” Wkpd).
Pemjean was werksaam in Frankryk vir die Boere Republieke se onafhanklikheid deur sy tydskrifte ,,L’Ami des Boers” (Die Boere se Vriend, 1899) en ,,Le Cri du Transvaal” (Die Transvaal se Skree, 1901).
Hy is na die Tweede Wêreld Oorlog gevange geneem vir samewerking med die Duitsers.
Supporters of the pro-Boer campaign publicized by Le Cri du Transvaal included nationalists such as Maurice Barrès, Edouard Drumont (who blamed the war on the greed of the Jewish financiers), General Parmentier and Henri Rochefort, but also figures such as Jules Lemaître (member of the French Academy), and Gabriel Monod (Prof. of History and a founding member of the League of the Rights of Man), though not many French socialists. The campaign also had an international dimension: between 9 and 12 March 1901 representatives from Germany, the United States, Austria-Hungary, Spain, Belgium, France, Italy, The Netherlands, Russia and Switzerland attended a meeting in Paris of delegates of committees in favour of the independence of the Boers.
William Fortescue, The Third Republic in France, 2000
En 1934, Lucien Pemjean, vétéran de l’antisémitisme, lieutenant du marquis de Morès et compagnon de Drumont à la prison de Sainte-Pélagie pendant trois mois, en 1892, fonde Le Grand Occident, mensuel qui comptera un jour 3000 abonnés. Il y a ainsi un noyau antisémite. La flamme de la veilleuse ne s’éteint pas et pourra produire l’incendie escompté.
Jean Drault, Histoire de l’antisémitisme, 1942
Animateur, avec Jean Drault, Jean Boissel et Jacques Ditte (La Solidarité française), de la Ligue antijuive universelle, créée en 1937 et placée sous la présidence d’honneur de la veuve d’Edouard Drumont.
*
كافر
Die patroon van die reënboognasie se vlag, ‘n driehoek aan die linkerkant en horisontale strepe, volg die een van Zimbabwe en ander swart lande. Die eerste land wat sulk ‘n patroon vir sy vlag aangeneem het is die Moslem Staat Soedan (1970), die land van die Mahdi wat in die 19de eeu die Britse Ryk vir 12 jaar uitgedaag en verneder het, ‘n soort Allah-Boer.
Die tweede een was die onbeduidende vakansieplaas, vakansiestaat Bahamas (1973). Verskeie swart state volg: Mozambique esv… en ten slotte die ANC-Suid-Afrika. Ek wonder maar hoekom. Wil hulle ‘n moeslimiese solidariteit uitdruk? of is dit die uitdruk van ‘n politieke program: met ander woorde, is die program van die reënboognasie ‘n nuwe Bahamas te word, dat is ‘n onbeduidende vakansieoord vir oud, ryk en verrote souties?
ii
Volgend wat die Britse het gesê, was die Mahdistaat Soedan (1885-1898, na ‘n vierjarige stryd teen die Egiptenaars en die Britse 1881-1885) die hoogtepunt van die slawehandel in Afrika, die Arabiese Skiereiland en die Middel-Oos. N.B.: Die Britte in 1898 het nie, weens ‘n Arabiese opstand daarteen, die slawerny in Soedan uitgeskakel nie.
Ek wou graag wil weet of die Boere Republieke, wat nog, alhoewel informeel, slawe had (inboekelingen), aan Arabiese slawehandelaars slawe gekoop het. Wie was m.a.w. die slawehandelaars in Suider Afrika? Die sekere punt is dat die Boere kontak met Mosliems verknoop het, want die k-woord niks as die Arabies kâfir is nie: كافر
Dit skyn my hoog waarskynlik dat Arabiese handel tot die Boere Republieke gespreid het, en dat die geskiedenis van ‘n ZAR-Mahdisoedan bond nog te skryf sou wees. Die vyande van die Boere wou dit ja geniet om die Boere verder te laat haat [te laat gehaat word?], maar wat wou hulle daarvoor nie gebruik nie? Dit kan ook effens genietbaar vir die Boere wees: U vyande wou die Arabiese mag en die Boeremag tesame meer vrees as die Boeremag alleen. Die Nasionale Party het lankal die Israel-kaart gespeel en ons sien die uitslag.
iii
Meer oor die Mahdi en die Mahdiste:
Muhammad Ahmad het as leier van die ontevrede onderdruktes na vore getree en hom op 29 Junie 1881 as die Mahdi (al-Mahdi) verklaar, nie net as verlosser van die Soedanese uit hul sosiaal-ekonomiese verdrukking nie, maar ook as hersteller van die Ware Islam, deur bemiddeling van Muhammad die Profeet, deur Allah as politieke en religieuse leier geroep.
Deur ‘n reeks haas ongelooflike oorwinnings oor die Egiptiese magte, bygestaan deur Britse troepe, het al-Mahdi ‘n Islamitiese Ryk tot stand gebring wat vanaf die Rooi See tot Sentral-Afrika gestrek het.
Britse oorname van Egipte in 1882 en hul militêre pogings om hul aandeel in die “scramble for Africa” te bekom, het hom uiteraard in botsing met die Britte gebring. Sy grootste oorwinning was sy inname van Khartoum op 26 Januarie 1885 waarin Gordon teen die bevel van al-Mahdi onthoof is. Hy is kort daarna waarskynlik aan tifus oorlede.
Die Mahdiste is egter deur generaal Horatio Herbert Kitchener by die Slag van Omdurman op 2 September 1898 gestuit. Kitchener het bevel gegee dat al-Mahdi se beendere uit sy beskadigde grafkelder in Omdurman verwyder en in die Nyl gegooi word Hy het al-Mahdi se skedel as oorlogstrofee saamgeneem, maar dit later laat begrawe in ‘n Islam-begraafplaas, tot vandag toe nog nie opgespoor nie. Die grafkelder is later deur die Soedanese volledig gerestoureer.
In die Anglo-Boereoorlog, kort daarna, het Kitchener sy minagting vir menselewens, waarvan die skending van al-Mahdi se graf en oorskot ‘n voorspel was, met die konsentrasiekampe en die afbrand van plase verder gevoer. (Uiteraard was die Britse Regering die hoof-aanstigter van die ellende om goud onthalwe.)
Die swart band in die Soedanese vlag is ter ere van al-Mahdi, hul nasionale held.
Die Burger, 2008
iv
Waarvan het die slawe gekom, wat ,,kaafir’’ as ‘n noem gehad het, indien nie van Arabiese slawehandelaars en hulle swart vasalle en krygers nie? Die Boere het voeling met die Arabiese slawehandelaars gedurende die kaafiroorloë gehad, dit is seker. Hoekom nou sou die Boere, wat alleen staan, nie met Islamistiese magte in Afrika teen die Sionistiese arbei en stryd tesamen nie? As blanke Afrikamense kan hulle iets van ‘n ontaarde Wes wag? Die Wes is die gevar, die Wes is verengelsing, die Wes is die einde van Afrikanerdom en die Boerestaat-idee, die Wes is dood, die Wes is niks, die Wes is die dood van die siel en die dood van God.
السودان
Die mag van die gees en die siel het in die Wes verdwyn, behalwe vir die nasionaal-christelike idee en sy stryders. Dis tyd dat die Boere voeling met die Islamistiese stryders in hul eie wel verstaande belang neem. Soos col. Bob Denard (Said Mustapha Mahdjoub) wat in die Comore-eilande geveg en vir Suid-Afrika veel gemaak het.
Comments. French mercenary and convert to Islam Bob Denard, after staging a coup in the Comoros in 1978, made the Federal Islamic Republic of the Comoros (1978-1989) support the Union of South Africa, allowing the latter to circumvent the international arms embargo through the Comoros and to use the archipelago as a logistic base for her military operations in Mozambique and Angola.
Vlag van die Comore-eilande (Al-Itihad al-qumuri)
الاتحاد القمري
*
Die Seychelle-staatsgreep (November 1981)
Vlag van die Seychelle-eilande
Die mislukte staatsgreep op die Seychelle-eilande deur Suid-Afrikaanse huursoldate guns in die buitelandse liberale kringe as ‘n voorbeeld van die agressiewe beleid van die RSA. ‘n Kommissie van die Verenigde Nasies het so gesê, maar volgend Die Burger (1988) glo die oud-veiligheidsleier van die Seychelle selfs dit nie. Mens sal antwoord Die Burger was ‘n werktuig van die regering, maar dan moet ‘n mens ook erken dat die VN mos nie onpartydig teenoor die RSA was nie.
Comment. As to the remark that, if the newspaper Die Burger, as an official organ of the apartheid regime, was not neutral the United Nations had their own partiality against the apartheid regime, it is both a truism and irrelevant. That it is a truism needs no comment. That it is irrelevant lies in the fact that the United Nations are custodian of the international law (and I endow the concept with the binding force of Kantian morality); if the United Nations may err on this or that case (like responsibility for the Seychelle coup attempt), it is far-fetched to claim that they judge cases based on ,,partialities’’ of their own, as the only partiality a legal authority shows in right is toward the law.
Seychellois oud-veiligheidsbaas se toekenning dat die Suid-Afrikaanse regering niks met die staatsgreep te doen gehad het (Bron: Die Burger, 10 Oktober 1988)
DIE eertydse hoof van die Seychelle se veiligheidspolisie leun oor die kroegtoonbank, stel homself voor, kyk my in die oë en sê Mike Hoare is ‘n lekker kêrel, nè? Ek en Rapport se man stik tegelyk in ons bier. Ons is deel van ‘n groep Suid-Afrikaanse joernaliste wat die Seychelle op uitnodiging van TFC-Tours besoek. Want Suid-Afrikaners is nou weer welkom in die Tuin van Eden, soos die brosjures dié groep eilande noem. Ons is uitdruklik gewaarsku om niks uit te vra oor Hoare en sy Boksembende se mislukte staatsgreep in 1981 nie. Weens dié sensitiewe sakie kon Suid-Afrikaners jare lank nie die Seychelle besoek nie, aldus ‘n groot-ogige toerleier. Reeds op die lughawe is die meeste van ons se bagasie noukeurig deurgesoek. ‘n Skeel doeane-beampte, paspoort in die hand, vra strikvrae soos: ,,Hoe oud is jy?’’ en ,,Wat is jou naam?’’ Op pad na die hotel ry ons verby heelwat pondokke. Elke erfie ‘n begraafplaas vir geroeste motorwrakke. Beslis nie ‘n goeie eerste indruk nie. Daar is geen giftige goed soos spinnekoppe, slange en skerpioene in die Seychelle nie, beduie ‘n gids selfvoldaan. Julle is nou in die Tuin van Eden. Kort daarna sluip ‘n veelpotige, harige plat ding oor die plafon van ‘n vroulike kollega se hotelkamer en hang homself uitdagend op aan ‘n draadjie. Waar ‘n Suid-Afrikaanse nommervyf-skoen gou ‘n einde maak aan die eensame bestaan van die Seychelle se ,,enigste’’ spinnekop – as ‘n mens die gids moet glo.
Die volgende dag besoek ons van die ander eilande per boot. Een dien as tronk. Hier loop gevangenes rond soos hulle wil. Met laagwater kan hulle droogknie vir ‘n koeldrankie oorstap na van die ander eilande wat deur toeriste besoek word. Of hulle kan oorswem na Mahé, die hoofeiland, waar ons tuis gaan. Maar dit gebeur nie baie nie, sê die gids terloops; die gevangenes hou meer van húl eiland. Later anker die boot oor ‘n koraalrif. ‘n Paar van ons gaan duik en word oorval deur vriendelike visse van alle groottes en kleure. Die swak eerste indruk vervaag mettertyd namate die skaam Seychelle sy sluier vir die besoeker lig. Dit is duidelik dat die toeris hom by die eiland moet aanpas, en nie andersom nie.
Die Seychelle bestaan uit meer as 100 eilande. Op Mahé woon negentig persent van die sowat 65 000 Seychellois. Alle mediese behandeling is gratis vir die inwoners. Van die duurste operasie tot die goedkoopste pil. Kinders word volgens wet verplig om tot standerd nege skool te gaan. Van kinders gepraat; meer as tagtig persent van die geboortes op die eiland is buite-egtelik. Hoewel daar ‘n casino, nagklubs en ‘n disko op Mahé is, is daar van ‘n gejaagde naglewe nie sprake nie. Juis in dié rustigheid lê die bekoring van die Seychelle. Dis ‘n gouestrand-plek vir die kaalvoet-mens waar hy kaalvoet-dinge kan doen. Mike Hoare het nie ‘n kans gehad nie, sê die oud-veiligheidsbaas. Ons het lank voor die tyd geweet presies wanneer Hoare-hulle die lughawe sou binnestap. Hy weet ook die Suid-Afrikaanse regering het niks met die staatsgreep te doen gehad nie. Waar anders dink jy het ons die inligting vandaan gekry? vra hy retories.
Voor ons dié spraaksame kêrel met vrae kan begin peper, trek iemand aan sy mou en fluister in sy oor. Daarna praat hy net oor sy restaurant, en hoe duur vleis in die Seychelle is. Ons toerleier met die groot oë lyk skielik ook minder bekommerd. ‘n Vliegtuig van Lesotho se lugdiens bring ons terug na Suid-Afrika. Die SAL se vliegtuie mag nie op die Seychelle land nie. Behalwe vir snaakse kraakgeluide van die vlerk se kant wat die vlugingenieur saam met die passasiers laat kopkrap, verloop die vlug glad. Teen sowat R1 700 vir tien dae (vliegtuigkaartjies en twee maaltye per dag ingesluit) is ‘n besoek aan die Seychelle effens duurder as ‘n besoek aan die tandarts. Maar dis beslis baie lekkerder.
*
Douwes Dekker / Setyabudi
Vrywilliger vir die Boere-Republieke en Vader van Indonesië se nasionalisme
Die kleurling (wit van vader, geel van moeder) Ernest Douwes Dekker is ‘n uitsonderlike figuur in die Boere se geskiedenis.
Hy was Nederlandse vrywilliger onder De La Rey en het die burgerskap van die Transvaalse Republiek gekry.
Na die oorlog is hy na die Nederlandse Indië terug, waarvan hy gestam het. Hy het die eerste Indonesische party gegrond wat die onafhanklikheid van Indonesië gevra het, en het dus gevangnis en ballinskap geken.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is hy geïnterneerd weens sy aktiwiteite saam met die Japaanse vegmagte.
President Soekarno het hy die Vader van Indonesië se politieke nationalisme genoem.
I. Fakkeldragers: Pdt Krüger, De La Rey. (70 jaar konsekwent, Bandoeng, 1950, bl. 67-8 & 70)
II. Soekarno se telegram aan Setyabudi. (Ibid. bl. 13)
I.
Paul Krüger
President der Zuid Afrikaanse Republiek Transvaal. Zijn handdruk en lof voor Setiabuddhi’s deelname aan de oorlog, zijn imponerende figuur; de duimlose hand, de grijze schippersbaard, de hoge hoed en lange zwarte statie-jas, het was er alles compleet. Wie heeft niet het beeld van Oom Paul voor sich? Zelfs de jongeren kennen de onverzettelijke oude man uit Z. Afrika; Setiabuddhi herinnert zich zo levendig zijn saluut op het stadhuis (waar hij als burger van Transvaal werd ingezworen) die Krügers aandacht trok. Het gaf kleur aan zijn jonge jeugd (S. was 21 jaar oud) en het heilig vuur van de trouw als strijder voor zijn nieuwe vaderland.
Generaal Koos de la Rey
die de zo vaak geslagen Britten “the Boers’ fighting man” noemden; een held in kalme moed, strateeg en guerilla-leider; mèt Louis Botha en Christiaan de Wet de ziel van de oorlog. Zijn handdruk en zijn woord: “jij is ‘n braaf kerrel” waren S.’s ridderorde en deed hem de schouderverwonding als vrijwilliger voor gevaarlijk werk in de drift bij Kalkheuvel welkom zijn. – Deze gebeurtenissen in de oorlog maakten hem in énem volwassen. In zulke ovens bakt men mannen, innerlijk zeer vrij.
II.
Overmorgen, uw geboortedag in het 70e levensjaar spreek ik de innige hoop uit dat u weldra geheel hersteld moogt zijn; mijn heilwensen zend ik u tegemoet.
Uit naam van ons gehele volk geef ik ook uiting aan de dankbaarheid, welke ons vervult voor al wat u, nooit ontrouw aan ons ideaal, gedaan hebt voor en geofferd aan ons vaderland en ons volk.
In u zien wij en begroeten wij de vader van Indonesia’s politiek nationalisme.
Moge God u nog lange jaren in ons midden doen verwijlen, met ons vereend, onder de hemel der volle vrijheid, zich welvend over geheel Indonesia.
Soekarno President Republiek Indonesia (6 october 1949)
Comment. Setyabudi was related to Dutch writer Multatuli (author of novel Max Havelaar).