Tagged: Suid-Afrika
Documents: Afrikaner-Broederbond
The present Documents issue deals with the South African secret society known as the Afrikaner-Broederbond, or Afrikaner Brotherhood, which played a major part in the electoral victory of the Nasionale Party in 1948, an event that was to set the course of South African politics for the next forty something years. Following this major turn, the Broederbond was established as a sort of executive committee of the ruling party.
The issue can be seen as a sequel to the two previous ones, Postwar Bolivia (x) and Axis Power Thailand (x), it is a third instalment in one and the same series inasmuch as the pattern is identical: Persons and groups that during the Second World War had been targeted as a fifth column for the Fascist belligerent countries became the rulers of South Africa in the aftermath of the events. The Afrikaner-Broederbond was born as a secret society with the aim of defending the interests of the Afrikaner people confronted with British expansion in Southern Africa. During WWII, like a score of other Afrikaner political organizations it was deemed to be taking a treasonous stand against the South African state in war against the Axis. Later on, the Broederbond, as well as some other of mentioned organizations, supported the Nasionale Party, which was to become the ruling party for the next decades and whose members were in great numbers also members of the AB. Therefore the title of the present post could be The Afrikaner-Broederbond as wartime alleged fifth column and postwar backbone of Nasionale Party rule in South Africa.
Doc. Excerpt from The Afrikaner-Broederbond: The First Fifty Years (1979), by A.N. Pelzer, a book issued by the AB Executive Council. The excerpt deals with the events of WWII in South Africa and the measures taken by the government against the AB.
For more documents on Afrikaner history, see on this blog:
-Die Afrikaners en die Derde Ryk (x)
-Manie Maritz se My lewe en strewe (x)
*
A.N. Pelzer, Die Afrikaner-Broederbond: Eerste 50 Jaar, Tafelberg 1979 (Uitgegee in opdrag van die Uitvoerende Raad van die Afrikaner-Broederbond), bladsye 80-84.
Veldmaarskalk Smuts daag die AB uit
Soos die Eerste Wêreldoorlog hartstogte ontketen en die Engelstalige bevolkingsgroep aangevuur het om ‘n magsposisie soms op onverantwoordelike wyse te misbruik, net so was dit te voorsien dat gedurende die Tweede Wêreldoorlog weer ‘n uitdagende aanval op die Afrikaners gedoen sou word. Van die oomblik dat Suid-Afrika aan die kant van Brittanje tot die stryd toegetree het, is normale verhoudinge oorboord gegooi en van allerlei metodes gebruik gemaak om die Afrikaner aan Britse belange dienstig te maak. ‘n Atmosfeer van wantroue is geskep waarin niemand sonder die vrees van viktimasie en vervolging en met vrymoedigheid sy Afrikanerskap kon bely nie. Op die geringste voorwendsel is Afrikaners hulle broodwinning ontneem. Die blote agterdog van meegevoel met die vyand van Brittanje was genoeg om ‘n persoon in ‘n interneringskamp te laat beland. In hierdie omstandighede is elke Afrikaner-organisasie met argwaan bejeën en die Afrikaner-Broederbond die meeste van almal.
As gevolg hiervan het betreklik vroeg al ‘n gevoel van onrus in AB-kringe ontstaan. Reeds in Maart 1940 het ‘n afvaardiging uit Springs, Brakpan en Boksburg hom by die dagbestuur kom bekla dat broers uit vrees vir verraad huiwerig is om afdelingsvergaderings by te woon. Klaarblyklik kon onder die ontwrigtende oorlogsomstandighede nie meer op die goeie trou van elke broer gereken word nie. Daarbenewens was snuffelaars besonder aktief om die eienaars van motors by vergaderplekke te identifiseer en onder verdenking te bring. Baie broers was bevrees dat hulle op dié wyse hulle werk kon verloor. In antwoord op die vertoë wat tot hom gerig was, het die dagbestuur besluit dat afdelings soos gewoonlik met hulle vergaderings moes voortgaan en dat lede wat nie meer vertrou kon word nie, vir uitskakeling aanbeveel moes word.
Maar die onrus was nie net tot die Oos-Rand beperk nie. Gedurende Mei en Junie 1940 het nie minder nie as 30 afdelings laat weet dat hulle uit vrees vir plaaslike vervolging voorlopig besluit het om nie meer vergaderings te hou nie. Ander afdelings het, omdat die pos nie vertrou kon word nie, opgehou om op korrespondensie te reageer, met die gevolg dat noodsaaklike besonderhede oor die verloop van sake gedurende die oorlogsjare tevergeefs in jaarverslae en ander stukke gesoek word. Na aanleiding van hierdie moeilike omstandighede het die UR (Uitvoerende Raad) in Oktober 1940 ‘n voorstel oorweeg dat afdelingsvergaderings elke tweede maand gehou word. Maar, bewus van die probleme wat bestaan het, wou die UR nie aan die versoek voldoen nie en is ten sterkste daarop aangedring dat vergaderings gereeld elke maand gehou word.
Teen die middel van Junie 1941 is reeds met die moontlikheid rekening gehou dat die AB deur die regering in die ban gedoen kon word en het ‘n deputasie van Johannesburgse afdelings met die UR gaan oorleg pleeg oor hoe daar in so ‘n geval opgetree sou word. Nadat gedagtes oor die saak gewissel was, is ooreengekom dat die UR vroegtydig aan so ‘n moontlikheid oorweging sou skenk om betyds leiding te gee.
Voorlopig het egter niks gebeur nie. In die loop van 1944 het die situasie sienderoë verander, veral toe die vyandige pers in toenemende mate aanvalle op die AB gedoen het en daarop begin sinspeel het dat daar op een of ander wyse teen die Bond opgetree moes word. Met die moontlikheid dat die beweging in die ban gedoen sou word, moes rekening gehou word. Daarom het die UR aan die begin van November 1944 ter leiding van lede ‘n standpunt oor die saak ingeneem. Omdat die Bond oortuig was van sy verhewe ideale en nog nooit self aan dade van geweld of sabotasie deelgeneem het of van sy lede aangemoedig het om dit te doen nie, het hy geweier om die Smutsregering te onderhandel of ontkennings van enige aard te doen. Met die oog op die ongegrondheid van die beskuldigings wat die AB teen die hoof geslinger is, is lede ten sterkste afgeraai om by voorbaat te bedank en uit die beweging te tree.
Sou amptenare en onderwysers tog aan ‘n amptelike ondervraging oor hulle lidmaatskap van die AB onderwerp word, is hulle aangemoedig om ‘n antwoord te weier. En vir geval die ergste sou gebeur en hulle gelas word om te bedank, moes elke broer self besluit wat hom te doen staan, hoewel die UR tog laat deurskemer het dat hy dit sou waardeer as broers die moeilike pad volg en nie bedank nie.
Na ‘n toespraak wat genl. Smuts aan die begin van Desember 1944 in Bloemfontein gehou het, het die vermoede ontstaan dat spoedig daarna teen die AB opgetree sou word. Met die oog hierop is ‘n buitengewone vergadering van die UR vir 11 Desember 1944 belê. Bewus van die erns van die situasie, het die UR dit nogtans nugter benader en gereël dat normale werksaamhede van die Bond sonder onderbreking voortgesit moes word, dat geen grootskeepse eervolle ontslag aan die betrokke lede verleen sou word nie en dat elke broer self moes besluit of hy sou bedank of nie. Die UR het hom ook voorberei om ‘n moontlike aksie van die regering onmiddelik op te volg met ‘n openbare verklaring waarin hy die Afrikanervolk in sy vertroue neem en het ‘n aantal vooraanstaande broers gevra om onafhanklike verklarings uit te reik. Om enige moontlike aksie van genl. Smuts by voorbaat te ontsenu, is ook besluit om onmiddelik na afloop van die vergadering die volgende aankondiging aan die pers te doen:
« Na aanleiding van die onbillike en onware aanvalle wat in die jongste tyd op die Afrikaner-Broederbond gedoen is, het die Uitvoerende Raad van hierdie liggaam besluit om hom te beroep op die hoogste regbank wat hy kan nader: die Regbank van die volk.
Die Uitvoerende Raad is dus voornemens om eersdaags die Afrikanervolk in sy vertroue te neem en openlik aan hom die inligting te verstrek omtrent sy geskiedenis, doel, strewe en aktiwiteite. Daarmee sal die volk in staat gestel word om self verder ondersoek in te stel en self te oordeel dat hierdie Bond onbaatsugtig en opreg hom gewy het in diens van die hoogste ideale van die volk op ‘n wyse wat die strengste toetse kan deurstaan. »
Die proklamasie waardeur staatsamptenare en onderwysers verbied is om lede van die AB te wees, het in die Buitengewone Staatskoerant van 15 Desember 1944, nr. 3427 verskyn en het o.a. die volgende verklaring van die Eerste Minister bevat:
« Op 1 Desember is die Broederbond geproklameer kragtens die Nasionale Veiligheidsregulasies ingevolge waarvan staats- en spoorwegamptenare en onderwysers wat lede van die Broederbond is, veertien dae gegee word om as lede daarvan te bedank. Ten einde te voorkom dat stappe kragtens die regulasies teen hulle gedoen word, word alle betrokkenes gemaan om afskrifte van hulle bedankings (indien enige) onder hul eie handtekening binne die bogenoemde tydperk aan hul onderskeie Ministers of Administrateurs te stuur. »
‘n Paar dae later het die UR met die volgende verklaring geantwoord:
« In hierdie tyd waarin die Afrikaner voortdurend onreg en verdrukking moet ly, moet dit vandag boonop die vernedering verduur dat Afrikaanse staatsamptenare, onderwysers en spoorwegdienare verbied word om lid van die AB te bly en so die hoogste en reinste ideale van die Afrikanervolk te dien.
Hierdie optrede het tot gevolg gehad dat amptenare en onderwysers hulle bereid verklaar het om liewers hulle poste te bedank as die AB omdat hulle die verontregting te sterk voel.
Die UR is egter oortuig daarvan dat die feit dat onregmatige klagtes teen die AB gemaak is, amptenare en onderwysers nie daartoe moet lei om hul algemene werksaamhede in diens van die staat, en daardeur van die volk, te staak nie. In die geval van die groot meerderheid van die betrokkenes beveel hy dus aan dat hulle, nieteenstaande hulle gevoel van onderdrukking en verontregting, hul bedanking uit die AB indien.
Die UR sal sulke bedankings sonder enige veroordeling aanvaar vir ‘n tydperk waarvoor die oorlogmaatreëls geldig is.
Aan die lede wat verkies om uit die staatsdiens of die onderwys te tree, liewer as om lidmaatskap van die Bond prys te gee, laat die UR oor om sodanige eie besluit uit te voer en aldus op die kragtigste wyse wat in hul vermöe is, teen onreg te protesteer.
Die UR sit intussen met onverminderde ywer sy goeie werk ten bate van die Afrikanervolk voort. »
Daarby is die saak nie gelaat nie. Broers soos dr. D. F. Malan, dr. A. J. Stals, G. Moerdyk en W. Potgieter het persoonlike verklaring ten gunste van die AB gepubliseer met die doel om die posisie van verantwoordelike persone in leiersposisies, soos bv. predikante, in die reine te bring. In vyf weldeurdagte en deeglik geformuleerde artikels wat teen die einde van Desember 1944 in Die Transvaler verskyn het, is die saak van die AB op ‘n baie bevoegde wyse deur dr. H. F. Verwoerd, destydse hoofredakteur van Die Transvaler, gestel. Die inligting was heilsaam. Die Afrikanervolk kon volgens die beskikbare feite oordeel dat hy hier met ‘n organisasie te doen het wat hom uitsluitlik ten doel stel: diens aan die volk tot heil van die volk.
Oor die broers wat sou weier om uit die AB te bedank en teen wie die staat gevolglik sou moet optree, het die UR in 1945 besluit dat van hulle verwag sou word om hulle geldelike verpligtinge op normale wyse na te kom. Die UR het onderneem om aan almal bestaandsbeveiliging te verskaf, geskikte werkkringe vir hulle te soek en, indien sonder sukses daarin, hulle dan in diens van die AB te neem. In geval van hofsake het die UR die verantwoordelikheid van die hofkoste aanvaar. Ten opsigte van die broers wat verkies het om uit die AB te bedank, is besluit dat hulle nie meer afdelingsvergaderings mog bywoon nie en nie deur ander broers oor AB-bedrywighede ingelig mog word nie. Hulle is verbied om studiekring vir hulleself te stig en ook daarvan weerhou om jaargelde of sterftefondsbydrae te betaal. Na die opheffing van die noodmaatreëls kon hulle weer in die Bond opgeneem word mits hulle skriftelik aansoek doen en alle agsterstallige gelde aansuiwer.
Intussen het die diktatoriale dekreet van genl. Smuts groot ongerief en ook groot ontwrigting veroorsaak. Van die 2 672 lede waaruit die AB op daardie tydstip bestaan het, was 900 onderwysers en 225 amptenare. As gevolg van die noodmaatreëls het 1 048 bedank en is baie afdelings so uitgedun dat hulle moeilik met hulle normale werksaamhede kon voortgaan. In die loop van die finansiële jaar 1944/45 moes sewe afdelings ontbind word en die jaar daarna nog een. Sewe broers, A. J. (Nollie) Bosman, H. O. Mönnig, W. C. du Plessis, J. Combrink, J. M. J. Cloete, A. I. Malan en B. J. de Klerk, het geweier om die lidmaatskap van die AB neer te lê en moes uit die staatsdiens bedank.
Maar die ontwrigting het nie lank geduur nie. Minder as vyf maande nadat die AB in die ban gedoen was, het Duitsland die wapens neergelê en was die oorlog verby. Die oorlogshisterie het bedaar en genl. Smuts het die noodmaatreëls nie meer nodig gehad nie. Namate normale verhoudings ingetree het, kon uitgeskakelde broers weer voorbereidings tref om in die AB opgeneem te word. Teen 30 Junie 1946 was 42 se lidmaatskap reeds herstel; twee jaar later het 210 tot die Bond teruggekeer en uiteindelik 807. Die oorblywende nagenoeg 250 se lidmaatskap is nie herstel nie.
Afrikaanse Wetenskapsfiksie voor 1994
Twelve years ago, in 2008, I posted on an Afrikaans online forum a list of Afrikaans sci-fi novels that were published before 1994. I had built up the list from no single source as there was none back then; I had explored online book dealers and various scattered Web pages, and my aim was to document for sci-fi aficionados the Afrikaans literary production in the late Union of South Africa.
Since the publication, the forum has ceased to exist, so my list vanished from the Web. Therefore I am publishing it today on this blog, after completing it from two sources that deal with Afrikaans sci-fi (wetenskapsfiksie or WF), namely the Wikipedia page Lys van Afrikaanse wetenskapsfiksie and the Afrifiksie website, both of which did not exist at the time. – Picking from all these sources, I believe my list remains one of, if not the most comprehensive on the topic (keeping in mind it only deals with novels and short novels and dedicated collections of short stories, and not with sci-fi short stories scattered in reviews or miscellaneous collections).
I have translated the book titles in English.
The present list completes another specialized sci-fi bibliography posted earlier on this blog (here). It also complements my previous posts on Afrikaner culture (see Index/Table of Contents).
*
C.F. Beyers-Boshoff, Jasper en die ruimtemanne, 1960 (Jasper and the space people)
Arthur Bleksley, Reisigers deur die ruim, 1961 (Travelers through space); Skatte van die Suidpool, 1963 (Treasures from the South Pole)
J.B. Botes, Kobus en die wasem, 1981 (Kobus and the haze)
Johan Bredell, Die ruimeteskip Celeste, 1982 (Spaceship Celeste); Die oorlewendes, 1984 (The survivors)
Frans Coetzee, Rikus en die ding met die Dukse, 1986 (Rikus and the thing with the Dukse)
John Coetzee, Agon en die donkerplaneet, 1993 (Agon and the dark planet)
Jan Combrink, Atlan, prins van Atlantis, 1980 (Atlan, Prince of Atlantis)
Pierre Conradie, Ekliptika X, 1971
De Waal Venter, Die vyf-millimeter-avontuur, 1984 (The 5 millimeters adventure); Vyffff, 1988; Mieg se kort en lang middag, 1991 (Mieg’s short and long midday)
Tiaan Eybers (eent. Salmon van Tonder), Monsters van Venus, 1959 (Monsters from Venus); Planeet van verskrikking, 1959 (Terror Planet); Orde van Kreon, 1960 (Words from Kreon); Ridders van die ruimte, 1960 (Riders from Space); Tolvlug van die straaljagter, 1961 (Spin of the jet fighters)
Nellis Fourie, Voordat die son verduister, 1960 (Before the sun darkens)
PC (Pierre) Haarhoff, Uit ‘n ander wêreld, 1987 (From another world) [Eugène Maraisprys]
Helena Hugo, Atlantis, 1979; Galapagos, 1980; Bestemming Xenos, 1981 (Destination Xenos); Rolfie se robot, 1982 (Rolfie’s robot); Pegasus, 1993
Eben de Jager, Gevange op die metaalplaneet, 1969 (Prisoners of the metal planet)
Marietjie de Jongh, Bietjie-Kir en die man in die Karoo, 1991 (Bietjie-Kir [pronounce bikkie-kir] and the man in the Karoo)
Chris Karsten, Floris Sapiens: ’n Fantasie, 1985
Amelia Kellerman, As ons die maan mis ry, 1993 (When we misride the moon)
W.A. (Wilhelm Abraham) de Klerk, Die vallei van die rooi gode, 1945 (The valley of the red gods); Die wolkemaker, 1959 (The cloud makers); Die skarlaken eskader, 1959 (The scarlet squadron)
Johan Kock, Leon Hugo: Ruimteloods, 1981 (Leon Hugo space pilot); Leon Hugo: Ruimtevegter, 1982 (L.H. space fighter); Die rekenaarkomplot, 1983 (The computer conspiracy)
I.D. Lamprecht, Sending Kosmos, 1980 (Mission Kosmos)
C.J. Langenhoven, Loeloeraai, 1923 [the first sci-fi story written in Afrikaans]
André Marais, Wagter in die ruimte, 1959 (Watch in space)
Pets Marais, Winter van die NOVA, 1985 (The winter of NOVA)
Empie Maritz, Avontuur op Mars, 1980 (Adventure on Mars); Gesoek: Dinosourus van die Drakensberg, 1989 (Hunted: Dinosaur of the Drakensberg)
Wille Martin, Die skat van die groen see, 1961 (The treasure of the green sea); Kaptein Kristin reeks: Planeet 3, 1981 (Captain Kristin series: Planet 3); Narcissus, 1982; Atlantis, 1982
André van der Merwe, Ruimte polisie reeks: Slawe van die Marsmanne, 1964 (Space police series: Slaves of the Martians); Rowers van die Ruimte-Eeu, 1964 (Raiders from the Space-Age)
Mikro, eent. Christoffel Hermanus Kühn, Sias en Mias reeks: Sias se Spoetnik, 1960 (Sias’s Spoutnik); Sias se ruimtetuig, 1982 (Sias’s spacecraft)
Nanda Pauw, As die wit duiwe vlieg, 1987 (When the white doves fly); Die laaste profeet: ‘n toekomsverhaal oor vryheid, vrede en liefde, 1988 (The last prophet: A story of freedom, peace and love)
Martie Preller, Jy en die draakakkedis, 1992 (You and the dragon lizard)
Jan Rabie, Swart ster oor die Karoo. ‘n Toekomsfantasie, 1957 (Black star over the Karoo); Die groen planeet. ’n Toekomsverhaal oor die eerste kolonie op Mars, 1961 (The green planet: A story of the first colony on Mars) ; Die hemelblom. Toekomsroman, 1971 (The sky flower)
Berti Reyneke, Arendsvlug, 1983 (Eagle’s flight)
Leon Rousseau, Fritz Deelman reeks: Fritz Deelman en die swart eiland, 1956 (Fritz Deelman and the black island); Fritz Deelman en die skepe van Mars, 1957 (F.D. and the ships from Mars); Fritz Deelman en die diepsee-duikbol, 1958 (F.D. and the deep-sea sphere); Fritz Deelman en die groen dood, 1958 (F.D. and the green death); Fritz Deelman en die atoom duikboot, 1959 (F.D. and the atomic submarine)
JN Roux, Die vaart van die Orion, 1981 (The odyssey of the Orion)
Juan Sadie, Terra Piering 1, 1979 (Terra Saucer 1); Die swart duikboot, 1980 (The black submarine); Planeet Malustra, 1981
Karel Schoeman, Na die geliefde land, 1972 (To the beloved land); Afskeid en vertrek, 1990 [“toekomsverhale omtrent ’n Suid-Afrika waar daar ’n politieke situasie van anargie en terreur heers”; Schoeman het 1999 die Orde van Voortreflike Diens van Oud-President Nelson Madela ontvang] (Farewell and Leaving)
Brenda Schröder, Snater, 1990 (Gibber)
Kobus Smit, Die bruin planeet, (voor 1984) (The brown planet)
Topsy Smith, Marsmanne op Petrusdorp, 1966 (Martians in Petrusdorp)
Pieter Steen, Dwergplaneet, 1989 (Dwarf planet); Wotan SQ7, 1989
Ilse Steenberg, Blou vier en groen vier, 1981 (Blue 4 and Green 4)
Elmar Steyn, Hilgar se Helde, 1965 (Hilgar’s heroes)
M. (Marthinus) Steyn van Rooyen, Die geheimsinnige vlieënde piering, 1960 (The mysterious flying saucer)
L. Terblanche, Die vlieënde piering, 1962 (The flying saucer)
Joey G. van Niekerk, Robbie die robotmannetjie, 1976 (Robbie the little robot); Robbie maak moles, 1976; Speurder Robbie (datum?) (Spy Robbie); Robbie en die dwelmbende, 1976 (R. and the narco gang)
August van Oordt, Seuns van die wolke: ’n Toekomsverhaal, 1931 (Sons of the clouds)
Rocco van Schalkwyk, Sending Reijger, 1980 (Mission Reijger); Die weerstandsbeweging van Ikaros, 2027, 1983 (The resistance movement of Ikaros, 2027)
Jef van Staden, Simon Rand reeks: Die Breinduiwels, 1961 (The brain devils); Breinduiwels uit die ooste, 1961 (Brain devils from the East); Die man van Venus, 1961 (The man from Venus); Moord op die agterkant van die maan, 1961 (Murder on the dark side of the moon); Nuwe Farao in die groot piramide, 1961 (New Pharaoh in the great pyramid); Die Marsmanne gryp in, 1962 (The Martians step in); Die onsigbare gammastrale, 1962 (The invisible gamma rays); Die graviton-krisis, 1962 (The graviton crisis); Henk Human en die moordlustige breindokter, 1962 (Henk Human and the murderous brain doctor)
Braam van der Vyver, De Bruyn se brein, 1993 (De Bruyn’s brain)
Cobus van Wyk, Onheil in die ruimte, 1983 (Disaster in space)
Andries de Wit, Operasie Bom: ’n sterverkenner avontuur, 1989 (Operation Bomb: A star explorer adventure)
*