Documents: Afrikaner-Broederbond

The present Documents issue deals with the South African secret society known as the Afrikaner-Broederbond, or Afrikaner Brotherhood, which played a major part in the electoral victory of the Nasionale Party in 1948, an event that was to set the course of South African politics for the next forty something years. Following this major turn, the Broederbond was established as a sort of executive committee of the ruling party.

The issue can be seen as a sequel to the two previous ones, Postwar Bolivia (x) and Axis Power Thailand (x), it is a third instalment in one and the same series inasmuch as the pattern is identical: Persons and groups that during the Second World War had been targeted as a fifth column for the Fascist belligerent countries became the rulers of South Africa in the aftermath of the events. The Afrikaner-Broederbond was born as a secret society with the aim of defending the interests of the Afrikaner people confronted with British expansion in Southern Africa. During WWII, like a score of other Afrikaner political organizations it was deemed to be taking a treasonous stand against the South African state in war against the Axis. Later on, the Broederbond, as well as some other of mentioned organizations, supported the Nasionale Party, which was to become the ruling party for the next decades and whose members were in great numbers also members of the AB. Therefore the title of the present post could be The Afrikaner-Broederbond as wartime alleged fifth column and postwar backbone of Nasionale Party rule in South Africa.

Doc. Excerpt from The Afrikaner-Broederbond: The First Fifty Years (1979), by A.N. Pelzer, a book issued by the AB Executive Council. The excerpt deals with the events of WWII in South Africa and the measures taken by the government against the AB.

For more documents on Afrikaner history, see on this blog:

-Die Afrikaners en die Derde Ryk (x)

-Manie Maritz se My lewe en strewe (x)

*

A.N. Pelzer, Die Afrikaner-Broederbond: Eerste 50 Jaar, Tafelberg 1979 (Uitgegee in opdrag van die Uitvoerende Raad van die Afrikaner-Broederbond), bladsye 80-84.

Veldmaarskalk Smuts daag die AB uit

Soos die Eerste Wêreldoorlog hartstogte ontketen en die Engelstalige bevolkingsgroep aangevuur het om ‘n magsposisie soms op onverantwoordelike wyse te misbruik, net so was dit te voorsien dat gedurende die Tweede Wêreldoorlog weer ‘n uitdagende aanval op die Afrikaners gedoen sou word. Van die oomblik dat Suid-Afrika aan die kant van Brittanje tot die stryd toegetree het, is normale verhoudinge oorboord gegooi en van allerlei metodes gebruik gemaak om die Afrikaner aan Britse belange dienstig te maak. ‘n Atmosfeer van wantroue is geskep waarin niemand sonder die vrees van viktimasie en vervolging en met vrymoedigheid sy Afrikanerskap kon bely nie. Op die geringste voorwendsel is Afrikaners hulle broodwinning ontneem. Die blote agterdog van meegevoel met die vyand van Brittanje was genoeg om ‘n persoon in ‘n interneringskamp te laat beland. In hierdie omstandighede is elke Afrikaner-organisasie met argwaan bejeën en die Afrikaner-Broederbond die meeste van almal.

As gevolg hiervan het betreklik vroeg al ‘n gevoel van onrus in AB-kringe ontstaan. Reeds in Maart 1940 het ‘n afvaardiging uit Springs, Brakpan en Boksburg hom by die dagbestuur kom bekla dat broers uit vrees vir verraad huiwerig is om afdelingsvergaderings by te woon. Klaarblyklik kon onder die ontwrigtende oorlogsomstandighede nie meer op die goeie trou van elke broer gereken word nie. Daarbenewens was snuffelaars besonder aktief om die eienaars van motors by vergaderplekke te identifiseer en onder verdenking te bring. Baie broers was bevrees dat hulle op dié wyse hulle werk kon verloor. In antwoord op die vertoë wat tot hom gerig was, het die dagbestuur besluit dat afdelings soos gewoonlik met hulle vergaderings moes voortgaan en dat lede wat nie meer vertrou kon word nie, vir uitskakeling aanbeveel moes word.

Maar die onrus was nie net tot die Oos-Rand beperk nie. Gedurende Mei en Junie 1940 het nie minder nie as 30 afdelings laat weet dat hulle uit vrees vir plaaslike vervolging voorlopig besluit het om nie meer vergaderings te hou nie. Ander afdelings het, omdat die pos nie vertrou kon word nie, opgehou om op korrespondensie te reageer, met die gevolg dat noodsaaklike besonderhede oor die verloop van sake gedurende die oorlogsjare tevergeefs in jaarverslae en ander stukke gesoek word. Na aanleiding van hierdie moeilike omstandighede het die UR (Uitvoerende Raad) in Oktober 1940 ‘n voorstel oorweeg dat afdelingsvergaderings elke tweede maand gehou word. Maar, bewus van die probleme wat bestaan het, wou die UR nie aan die versoek voldoen nie en is ten sterkste daarop aangedring dat vergaderings gereeld elke maand gehou word.

Teen die middel van Junie 1941 is reeds met die moontlikheid rekening gehou dat die AB deur die regering in die ban gedoen kon word en het ‘n deputasie van Johannesburgse afdelings met die UR gaan oorleg pleeg oor hoe daar in so ‘n geval opgetree sou word. Nadat gedagtes oor die saak gewissel was, is ooreengekom dat die UR vroegtydig aan so ‘n moontlikheid oorweging sou skenk om betyds leiding te gee.

Voorlopig het egter niks gebeur nie. In die loop van 1944 het die situasie sienderoë verander, veral toe die vyandige pers in toenemende mate aanvalle op die AB gedoen het en daarop begin sinspeel het dat daar op een of ander wyse teen die Bond opgetree moes word. Met die moontlikheid dat die beweging in die ban gedoen sou word, moes rekening gehou word. Daarom het die UR aan die begin van November 1944 ter leiding van lede ‘n standpunt oor die saak ingeneem. Omdat die Bond oortuig was van sy verhewe ideale en nog nooit self aan dade van geweld of sabotasie deelgeneem het of van sy lede aangemoedig het om dit te doen nie, het hy geweier om die Smutsregering te onderhandel of ontkennings van enige aard te doen. Met die oog op die ongegrondheid van die beskuldigings wat die AB teen die hoof geslinger is, is lede ten sterkste afgeraai om by voorbaat te bedank en uit die beweging te tree.

Sou amptenare en onderwysers tog aan ‘n amptelike ondervraging oor hulle lidmaatskap van die AB onderwerp word, is hulle aangemoedig om ‘n antwoord te weier. En vir geval die ergste sou gebeur en hulle gelas word om te bedank, moes elke broer self besluit wat hom te doen staan, hoewel die UR tog laat deurskemer het dat hy dit sou waardeer as broers die moeilike pad volg en nie bedank nie.

Na ‘n toespraak wat genl. Smuts aan die begin van Desember 1944 in Bloemfontein gehou het, het die vermoede ontstaan dat spoedig daarna teen die AB opgetree sou word. Met die oog hierop is ‘n buitengewone vergadering van die UR vir 11 Desember 1944 belê. Bewus van die erns van die situasie, het die UR dit nogtans nugter benader en gereël dat normale werksaamhede van die Bond sonder onderbreking voortgesit moes word, dat geen grootskeepse eervolle ontslag aan die betrokke lede verleen sou word nie en dat elke broer self moes besluit of hy sou bedank of nie. Die UR het hom ook voorberei om ‘n moontlike aksie van die regering onmiddelik op te volg met ‘n openbare verklaring waarin hy die Afrikanervolk in sy vertroue neem en het ‘n aantal vooraanstaande broers gevra om onafhanklike verklarings uit te reik. Om enige moontlike aksie van genl. Smuts by voorbaat te ontsenu, is ook besluit om onmiddelik na afloop van die vergadering die volgende aankondiging aan die pers te doen:

« Na aanleiding van die onbillike en onware aanvalle wat in die jongste tyd op die Afrikaner-Broederbond gedoen is, het die Uitvoerende Raad van hierdie liggaam besluit om hom te beroep op die hoogste regbank wat hy kan nader: die Regbank van die volk.

Die Uitvoerende Raad is dus voornemens om eersdaags die Afrikanervolk in sy vertroue te neem en openlik aan hom die inligting te verstrek omtrent sy geskiedenis, doel, strewe en aktiwiteite. Daarmee sal die volk in staat gestel word om self verder ondersoek in te stel en self te oordeel dat hierdie Bond onbaatsugtig en opreg hom gewy het in diens van die hoogste ideale van die volk op ‘n wyse wat die strengste toetse kan deurstaan. »

Die proklamasie waardeur staatsamptenare en onderwysers verbied is om lede van die AB te wees, het in die Buitengewone Staatskoerant van 15 Desember 1944, nr. 3427 verskyn en het o.a. die volgende verklaring van die Eerste Minister bevat:

« Op 1 Desember is die Broederbond geproklameer kragtens die Nasionale Veiligheidsregulasies ingevolge waarvan staats- en spoorwegamptenare en onderwysers wat lede van die Broederbond is, veertien dae gegee word om as lede daarvan te bedank. Ten einde te voorkom dat stappe kragtens die regulasies teen hulle gedoen word, word alle betrokkenes gemaan om afskrifte van hulle bedankings (indien enige) onder hul eie handtekening binne die bogenoemde tydperk aan hul onderskeie Ministers of Administrateurs te stuur. »

‘n Paar dae later het die UR met die volgende verklaring geantwoord:

« In hierdie tyd waarin die Afrikaner voortdurend onreg en verdrukking moet ly, moet dit vandag boonop die vernedering verduur dat Afrikaanse staatsamptenare, onderwysers en spoorwegdienare verbied word om lid van die AB te bly en so die hoogste en reinste ideale van die Afrikanervolk te dien.

Hierdie optrede het tot gevolg gehad dat amptenare en onderwysers hulle bereid verklaar het om liewers hulle poste te bedank as die AB omdat hulle die verontregting te sterk voel.

Die UR is egter oortuig daarvan dat die feit dat onregmatige klagtes teen die AB gemaak is, amptenare en onderwysers nie daartoe moet lei om hul algemene werksaamhede in diens van die staat, en daardeur van die volk, te staak nie. In die geval van die groot meerderheid van die betrokkenes beveel hy dus aan dat hulle, nieteenstaande hulle gevoel van onderdrukking en verontregting, hul bedanking uit die AB indien.

Die UR sal sulke bedankings sonder enige veroordeling aanvaar vir ‘n tydperk waarvoor die oorlogmaatreëls geldig is.

Aan die lede wat verkies om uit die staatsdiens of die onderwys te tree, liewer as om lidmaatskap van die Bond prys te gee, laat die UR oor om sodanige eie besluit uit te voer en aldus op die kragtigste wyse wat in hul vermöe is, teen onreg te protesteer.

Die UR sit intussen met onverminderde ywer sy goeie werk ten bate van die Afrikanervolk voort. »

Daarby is die saak nie gelaat nie. Broers soos dr. D. F. Malan, dr. A. J. Stals, G. Moerdyk en W. Potgieter het persoonlike verklaring ten gunste van die AB gepubliseer met die doel om die posisie van verantwoordelike persone in leiersposisies, soos bv. predikante, in die reine te bring. In vyf weldeurdagte en deeglik geformuleerde artikels wat teen die einde van Desember 1944 in Die Transvaler verskyn het, is die saak van die AB op ‘n baie bevoegde wyse deur dr. H. F. Verwoerd, destydse hoofredakteur van Die Transvaler, gestel. Die inligting was heilsaam. Die Afrikanervolk kon volgens die beskikbare feite oordeel dat hy hier met ‘n organisasie te doen het wat hom uitsluitlik ten doel stel: diens aan die volk tot heil van die volk.

Oor die broers wat sou weier om uit die AB te bedank en teen wie die staat gevolglik sou moet optree, het die UR in 1945 besluit dat van hulle verwag sou word om hulle geldelike verpligtinge op normale wyse na te kom. Die UR het onderneem om aan almal bestaandsbeveiliging te verskaf, geskikte werkkringe vir hulle te soek en, indien sonder sukses daarin, hulle dan in diens van die AB te neem. In geval van hofsake het die UR die verantwoordelikheid van die hofkoste aanvaar. Ten opsigte van die broers wat verkies het om uit die AB te bedank, is besluit dat hulle nie meer afdelingsvergaderings mog bywoon nie en nie deur ander broers oor AB-bedrywighede ingelig mog word nie. Hulle is verbied om studiekring vir hulleself te stig en ook daarvan weerhou om jaargelde of sterftefondsbydrae te betaal. Na die opheffing van die noodmaatreëls kon hulle weer in die Bond opgeneem word mits hulle skriftelik aansoek doen en alle agsterstallige gelde aansuiwer.

Intussen het die diktatoriale dekreet van genl. Smuts groot ongerief en ook groot ontwrigting veroorsaak. Van die 2 672 lede waaruit die AB op daardie tydstip bestaan het, was 900 onderwysers en 225 amptenare. As gevolg van die noodmaatreëls het 1 048 bedank en is baie afdelings so uitgedun dat hulle moeilik met hulle normale werksaamhede kon voortgaan. In die loop van die finansiële jaar 1944/45 moes sewe afdelings ontbind word en die jaar daarna nog een. Sewe broers, A. J. (Nollie) Bosman, H. O. Mönnig, W. C. du Plessis, J. Combrink, J. M. J. Cloete, A. I. Malan en B. J. de Klerk, het geweier om die lidmaatskap van die AB neer te lê en moes uit die staatsdiens bedank.

Maar die ontwrigting het nie lank geduur nie. Minder as vyf maande nadat die AB in die ban gedoen was, het Duitsland die wapens neergelê en was die oorlog verby. Die oorlogshisterie het bedaar en genl. Smuts het die noodmaatreëls nie meer nodig gehad nie. Namate normale verhoudings ingetree het, kon uitgeskakelde broers weer voorbereidings tref om in die AB opgeneem te word. Teen 30 Junie 1946 was 42 se lidmaatskap reeds herstel; twee jaar later het 210 tot die Bond teruggekeer en uiteindelik 807. Die oorblywende nagenoeg 250 se lidmaatskap is nie herstel nie.

Un procès-spectacle

« L’Ukraine s’apprête à ouvrir le premier procès pour crime de guerre dans le cadre du conflit armé qui l’oppose à la Russie depuis le 24 février. Vadim Shishimarin, un soldat russe de 21 ans, est accusé d’avoir tiré avec une kalachnikov par la fenêtre du véhicule dans lequel il circulait, abattant un civil de 62 ans qui n’était pas armé, a expliqué mercredi 11 mai le bureau de la procureure générale de Kiev. » (Le Monde 12/5/22)

La seule chose qui manque dans cet article, dont je publie un simple extrait, c’est que cette procédure est une mascarade et un dévoiement de la justice. Et ce pour la simple et bonne raison qu’une personne accusée a droit à un procès équitable : « Toute personne a droit à ce que sa cause soit entendue équitablement, publiquement et dans un délai raisonnable, par un tribunal indépendant et impartial » (article 6 de la Convention européenne de sauvegarde des droits de l’homme, dont l’Ukraine est signataire). C’est nous qui soulignons les mots « par un tribunal indépendant et impartial » dans l’article de la Convention, car il est évident qu’un tribunal judiciaire national ne peut répondre au critère d’impartialité vis-à-vis du soldat d’un pays avec lequel est en guerre l’État dont ce tribunal est une institution loyale. Un tribunal ukrainien ne peut être impartial au plan du droit en jugeant un soldat russe alors qu’il existe un conflit armé entre l’Ukraine et la Russie.

Cela se démontre aisément. Le soldat d’une armée ennemie n’a vis-à-vis de l’autre armée et des autorités adverses parties au conflit que les droits que reconnaît le droit de la guerre (Conventions de Genève) : ce soldat peut être arrêté et privé de liberté, conduit dans un camp pour prisonniers de guerre, sans jugement. Ceci repose sur les intérêts vitaux des nations en guerre, qui admettent en droit international des restrictions aux droits fondamentaux normalement reconnus aux individus dans un État de droit. L’intérêt vital de la nation étant engagé, le fonctionnement des institutions est très largement altéré au-delà même du traitement des soldats appartenant à une armée ennemie. Par exemple, le soldat de l’armée nationale est lui-même passible, dans ses fonctions de soldat, d’une cour martiale et non du tribunal judiciaire. Les libertés de la population sont mises entre parenthèses, notamment la liberté d’expression : l’État national ne tolère pas la moindre critique des autorités dans la conduite de la guerre ni la moindre expression contre la guerre ou en faveur de l’État ennemi. De telles formes d’expression sont susceptibles d’être condamnées pour propagande ennemie ou intelligence avec l’ennemi, en plus des délits de droit pénal commun qui abondent dans une législation comme la législation française, pour ne prendre que cet exemple : provocations à la trahison, à la désobéissance des militaires, à l’espionnage… Mais surtout une censure militaire préalable est établie sur toutes les publications ainsi qu’une surveillance massive de la population avec ouverture de courriers et tout ce qu’on peut imaginer à l’ère d’internet. La parole de l’ennemi n’est considérée comme rien d’autre que de la propagande hostile. La cour juge donc un homme dont elle est forcée de dire, dans sa loyauté patriotique, que la parole et celle des témoins qu’il pourrait vouloir présenter, par exemple ses camarades et commandants de l’armée russe, sont une abominable propagande anti-ukrainienne. (Ces témoins ne pourraient d’ailleurs pas venir témoigner sans être arrêtés comme soldats ennemis, même sans inculpation de crime de guerre.)

En résumé, l’intérêt national suspend le fonctionnement normal des institutions. Mais la justice continuerait, elle, de fonctionner tout à fait normalement, qui plus est pour juger un soldat ennemi ? C’est la fiction que veulent présenter aux yeux du monde les autorités ukrainiennes.  Ce soldat ennemi, qui ne peut s’en remettre qu’au droit de la guerre pour sauver sa peau une fois tombé entre les mains de l’adversaire, aurait malgré tout un droit plein et entier à un procès équitable devant un tribunal judiciaire impartial. Mais nous disons que c’est impossible, que les conditions de l’impartialité ne sont pas réunies et ne peuvent aucunement l’être – sans que ce soit d’ailleurs la faute des autorités judiciaires et malgré toute la bonne volonté qu’on peut leur supposer –, que ce procès est donc une lamentable parodie du droit. Si ce tribunal ukrainien peut être réputé impartial en jugeant un soldat russe, en plein conflit entre l’Ukraine et la Russie, personne ne pourra jamais contester l’impartialité du moindre tribunal que ce soit. L’impartialité sera toujours supposée, le critère restera un vain mot, la Convention européenne des droits de l’homme un texte bavard, dérisoire et odieux.

L’État ukrainien en guerre avec la Russie n’est pas dans une relation de neutralité avec cette dernière mais dans une relation de guerre, et, même si cette relation reste soumise au droit de la guerre, elle ne permet pas de considérer que deux ennemis en guerre se considèrent l’un l’autre avec impartialité. Même dans l’hypothèse où les tribunaux sont indépendants du pouvoir exécutif qui conduit la guerre, l’impartialité est tout autre chose que cette indépendance (elle peut être contestée dans un procès indépendamment de la question de l’indépendance formelle du tribunal, par exemple en fonction de la personne du juge ou de la composition du jury) et les tribunaux ne sont pas indépendants vis-à-vis de l’État et de la Nation. Dès lors que l’État n’est pas neutre, ses tribunaux ne sont pas impartiaux.

On dira que c’est une fort étrange conséquence, qu’un soldat ennemi ait droit à un tribunal impartial alors que le soldat national n’a même pas droit à un véritable tribunal vu qu’il est passible de la cour martiale de son pays. En effet, et c’est bien une incroyable faute de raisonnement des autorités ukrainiennes que d’organiser un tel procès-spectacle. Elles voudraient nous faire croire qu’elles traitent mieux les soldats ennemis que leurs propres soldats. Or c’est ce que personne ne peut croire, surtout pas ceux qui pensent que c’est là de la bonne propagande, et je demande donc aux autorités françaises de condamner ce procès en Ukraine comme indigne de la mission de la justice dans un État signataire de la Convention européenne des droits de l’homme. Il est certain que la restriction des libertés fondamentales en temps de guerre ne peut aller jusqu’à transformer le système judiciaire en parodie de justice. Car si cette parodie est une altération due à la guerre plutôt que le fonctionnement normal de la justice en Ukraine, ce que je veux croire bien que même la presse française, entièrement alignée sur les positions de l’OTAN, n’hésite pas à décrire ce pays comme gangrené par la corruption, même dans ce cas cette altération ne se donne pas à connaître comme telle ainsi qu’elle le devrait (par exemple, la censure militaire ne se donne pas à connaître comme l’état normal de la garantie de la liberté d’expression), ce qui signifie que les autorités ukrainiennes, ni en temps de guerre ni en temps de paix, ne se soucient le moins du monde de l’impartialité des tribunaux. Ce soldat russe doit être jugé par un tribunal international compétent, seul susceptible de recevoir la qualification d’impartial.